Hoe Om te Werk Te Gaan

Die eerste stap na 'n nuwe neus!
Die eerste stap is om ‘n afspraak by die Nose Clinic te maak. Konsultasies vind van Maandae tot Donderdae plaas.
Let daarop dat u asseblief 15-30 minute vroeg moet arriveer om vorms oor u chirurgiese geskiedenis in te vul en om die leesstof oor neuschirurgie wat ons voorsien, te bestudeer.
Gedurende u eerste konsultasie kan u die volgende verwag:
• ‘n kliniese eksterne en interne ondersoek van u neus
• ‘n bespreking van u behoeftes, verwagtinge en geskiedenis, met inbegrip van besonderhede aangaande vorige chirurgie, indien toepaslik
• die skep van ‘n rekenaarvoorstelling van die resultate wat waarskynlik met die beplande rhinoplastie bereik sal word, om u in staat te stel om vooraf te sien hoe chirurgie u voorkoms sal verbeter
• ‘n volledige verduideliking van die relevante prosedure
• ‘n kwotasie vir die prosedure – kyk ‘Koste’
Let wel: Indien u op die dag van u afspraak verkoue het, herskeduleer asseblief u afspraak!
