Home » Diagnose  »  Rhinoplasie Koste

Rhinoplasie Koste

Rhinoplastie Kostes

Rhinoplastie Kostes

Die Nose Clinic bied aan u ‘n allesomvattende kwotasie. Dit dek die volledige koste van die prosedure, met inbegrip van die chirurgie, die teater en teaterpersoneel, en die spesialisnarkotiseur, asook die postoperatiewe medikasie en opvolgkonsultasies vir ‘n jaar. Die duur en kompleksiteit van die prosedure word by hierdie koste in berekening gebring.

Die koste van chirurgie by die Nose Clinic wissel volgens twee belangrike faktore – die verwagte duur van die prosedure en die verwagte kompleksiteit daarvan. Komplekse prosedures is uit die aard van die saak veeleisender as eenvoudige prosedures en neem ook meer tyd in beslag.

Om die koste van prosedures te bereken, verdeel ons hulle in drie breë kategorieë:

• Betreklik eenvoudige prosedures
• Komplekser prosedures
• Regstellende prosedures
Let asseblief daarop dat ons ongelukkig geen kwotasie per pos of telefoon kan verstrek nie. Elke neus is uniek, en ons moet u neus deeglik en persoonlik ondersoek!