Die Kliniek
Wat maak die Nose Clinic uniek?

Wat maak die Nose Clinic uniek?
Die Nose Clinic is die enigste fasiliteit ter wêreld wat volkome aan neuschirurgie gewy is, en die bes toegeruste kliniek op die Afrikakontinent. Hier sal u ware deskundigheid aantref.
Neuschirurgie is ‘n driedimensionele kombinasie van mediese wetenskap en estetiese vaardigheid – daarom word dit as die veeleisendste vorm van kosmetiese chirurgie beskou. Die resultate van neuschirurgie is blywend, en kan ‘n ingrypende verandering aan u gesig maak wat u aantreklikheid grootliks kan verhoog. Daarenteen kan ‘n swak resultaat nie weggesteek word nie, en kan dit ‘n uiters negatiewe uitwerking op u selfbeeld hê.
Die Nose Clinic se uitnemende resultate is wêreldwyd bekend. Ons kry ook gereeld te make met die negatiewe gevolge van onsuksesvolle prosedures wat elders uitgevoer is – dikwels deur algemene kosmetiese chirurge wat nie oor die nodige ervaring en deskundigheid beskik het om hierdie komplekse spesialisering te behartig nie. Trouens, 43% van ons gevalle is regstellings.
Neuschirurgie kan ook ‘n ingrypende uitwerking op ‘n mens se lewensgehalte hê. Die neus is die koppeling tussen ons longe en die atmosfeer. Dit help om die suurstofvlakke in ons bloed en ons lewenskragtigheid te bepaal, en dit het ‘n invloed nie net op ons reuksintuig nie, maar ook op ons smaaksintuig. Indien u uself letterlik en metafories gesproke in die hande van ‘n deskundige sou plaas, sal dit goeie gevolge op elke vlak beteken.
