Home » Die Kliniek  »  Die Chirurg

Die Chirurg

Dr Pieter Swanepoel

Dr Pieter Swanepoel

Dr Pieter F Swanepoel, die Nose Clinic se spesialis-chirurg, is waarskynlik die enigste chirurg ter wêreld wat hom uitsluitlik op neuschirurgie toelê. Hy het verskeie tegnieke vir neuschirurgie en neusnarkose ontwikkel wat besig is om die goue standaard te word waarby duisende pasiënte wêreldwyd baat.
Dr Swanepoel fokus al meer as 30 jaar lank uitsluitlik op neuschirurgie. Gedurende hierdie tydperk het hy meer as 19 000 prosedures uitgevoer. Hy is een van die wêreld se weinige rhinoplastiespesialiste wat beskik oor die oorkoepelende formele opleiding, ervaring en kundigheid wat vir alle vorme van neuschirurgie – kosmetiese, funksionele, rekonstruktiewe en regstellende chirurgie – nodig is. Hy gee gereeld plaaslik asook in die buiteland lesings oor rhinoplastie, het ‘n aantal referate oor funksionele rhinoplastie en nuwe konsepte in kosmetiese rhinoplastie gepubliseer, lei ander spesialiste in die veld op, en werk tans aan drie teksboeke oor rhinoplastie.