Ons Personeel
Ons deskundige personeel
By ‘n prosedure wat potensieel so lewensveranderend as neuschirurgie is, gaan dit nie net om mediese deskundigheid en die jongste tegnologie nie; die menslike faktor maak ‘n reuse verskil. Warmte en empatie sal bepaald u gevoel van sekuriteit en welsyn verhoog – daarom is ons so trots op die Nose Clinic se ondersteuningspersoneel, wat waarlik omgee. Ons fasiliteit in Pretoria is in ‘n rustige, veilige natuurreservaat geleë, en meer as ‘n dosyn toegewyde personeellede maak seker dat ons diens in alle opsigte die beste is.
Ontmoet drie van die professionele mense wat hulle daaraan toewy om seker te maak dat u behandeling aan die hoogste moontlike standaarde voldoen:
• Spesialisnarkotiseur: Dr Werner Reinach
• Hoofteatersuster: Matrone Joey Dreyer
• Praktykkoördineerder, pasiëntfasiliteerder en openbarebetrekkingebeampte: Angela Eales

Rhinoplastie Chirurg: Dr Pieter Swannepoel

Spesialisnarkotiseur: Dr Werner Reinach

Praktykkoördineerder: Angela Eales

