The Nose Clinic

Kosmetiese Chirurgie: Is dit vir ‘Christene’?
Die samelewing hou van kosmetiese chirurgie; al is dit nou net om daar­van in die sogenaamde ‘beroem­des se skindertydskrifte’ te lees. Stories wissel van die spekulatiewe ‘wie het wat gedoen?’ tot stories oor die gewone ‘verdagtes’: “Het sy neus regtig ingesak?” Verslae toon dikwels rewolusionêre nuwe mediese deurbrake en die enkele ‘kosmetiese ramp’.

Lelike eendjie na skoonheidskonigin

Dié hoofopskrifte is al meer as bekend – maar volgens die legendariese Suid-Afrikaanse kosmetiese chirurg, Dr. Dirk Lazarus, is “kosmetiese chirurgie ’n chirurgiese dissipline met vele fasette. Dit is ’n spesialiteits­rigting wat deur hoogsopgeleide dokters beoefen word. Dit is op vaste grondslag gebou, volg logiese prosedures en is op die voorpunt wanneer dit kom by nuwe opwindende tegnieke en ontwikkelings op mediese en gesondheidsgebied.” Plastiese snykunde is die snelgroeiendste mediese rigting in die VSA en veral gewild gemaak deur Hollywood-akteurs en die media.

Plastiese snykunde is ook nie meer net die rykes en beroemdes beskore nie en sedert 1997 was daar ’n 162%-toename in die aantal kosmetiese prosedures wat uitgevoer is. Chirurgiese prosedures het met feitlik 80% toegeneem en nie-chirurgiese prosedures met meer as 233%.

Kosmeties vs rekonstruktief

Wanneer daar van kosmetiese chirurgie gepraat word, is die eerste waaraan ­enige mens dink, gewoonlik: ontrimpeling, botoks, maagverkleining – en tog is daar baie ander dissiplines en prosedures binne hierdie ontluikende bedryf. Plastiese chi­rurgie kan in twee hoofkategorieë verdeel word: kosmetiese chirurgie en rekonstruktiewe chirurgie.

Rekonstruktiewe chirurgie is wanneer normale funksies en vorm herkonstrueer word, miskien wanneer ’n kind met een of ander misvorming gebore word of ’n traumapasiënt wat deur ’n ongeluk of siekte misvorm gelaat is, gehelp word. Volgens Dr. Lazarus: “Baie plastiese chirurge ‘slyp’ hulself (hul skalpels?) op rekonstruktiewe gevalle. Die meeste geniet nog steeds hierdie soort chirurgie.”

The American Society for Aesthetic Plastic Surgery Procedures vereis dat plastiese chirurgie “enhance normal, improve, make more beautiful or make younger. Frequently techniques used for cosmetic surgery are transplanted to reconstructive surgery, eg. Fat transfers, which have become an inevitable component of most facelifts, are now used to enhance the repaired lips in cleft lip patients.”

Hoe kan ’n mens dit evalueer?

Die vraag wat nou ontstaan, is: is dit onchristelik of ‘immoreel’ om plastiese, ver­al kosmetiese chirurgie, te ondergaan? En waar word die streep nou eintlik getrek t.o.v. wat aanvaarbaar is en wat nie? Is dit bv. aanvaarbaar om borsrekonstruksie te ondergaan indien jy ’n mastektomie gehad het, maar nie indien jou borste a.g.v. babas gerek en gesak het nie? Hoe behoort ’n Christen op Bybelsverantwoordbare manier hierdie kos­metiese uitgawe te evalueer? Met die groeiende normalisering van chirurgie en die desensitisering van kosmetiese prosedures (deur tydskrifte en TV-programme), behoort Christene baie versigtig te wees om nie vleeslik ingestel te raak en vasgevang te raak in ’n oppervlakkige en ‘plastiese’ gemeenskap se siening hieroor nie.

Ons moenie naïef wees nie

Om egter standpunt teen kosmetiese chirurgie in te neem en dit sonder meer te veroordeel, is baie naïef t.o.v. die werklikheid waarin ons leef. Sedert Ester se dae in Bybelse tye, Cleopatra en tot en met vandag se supermodelle, bly skoonheid die fokus en die fondasie vir menslike interaksie. God se Woord is egter baie duidelik: skoonheid is vlietend en kinders van God behoort nie vasgevang te word in oppervlakkige denke daaroor nie.

“Moenie dink dis bloot uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en pragtige klere wat jul­le mooi maak nie. Julle skoonheid moet veral innerlik wees: blywende beskeidenheid en ’n gemoed wat kalm en rustig is. Dis vir God kosbaar.” 1 Pet 3:3-4.

Wat is jou motief?

Christene wat kosmetiese prosedures oorweeg (of dit nou chirurgies is of nie), behoort baie seker te maak wat hulle motief is. ’n Vrou wat groter borste wil hê om haar huwelik te red, is reeds in die moeilikheid en het eintlik verhoudingsberading dringend nodig.

Net so behoort ’n man wat bles is en ’n haaroorplanting nodig het net om meer selfvertroue te hê, eerder seker te maak dat sy identiteit in Christus gevestig is. In dieselfde asem kan genoem word dat ’n Christen wat sy/haar tande laat bleik, of ’n ma wat na ’n paar swangerskappe haar maag laat verklein, nie noodwendig deur die Skrif veroordeel word nie.

Leef tot Sy eer

Daar is nie ’n Bybelse wet wat sê: “Jy mag nie kosmetiese chirurgie ondergaan of ’n BMW ry nie”. Die Bybel sê egter wel Christene behoort nie hulle vryheid te gebruik vir selfbevrediging of genot nie, maar mekaar eerder in liefde dien. Paulus stel dit so: “Ten slotte, liewe broers en susters, beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.” Ons weet dat, wanneer ons sterf, ons gees weer sal opstaan en ons ’n geestelike liggaam sal ontvang. Ons weet ook dat ons werke wat in gehoorsaamheid aan Jesus Christus gedoen is, tydens die Oordeel van die Gelowiges (1 Kor 3:10-15) deur die louteringsvuur sal gaan – nie ons glansende hare of sprankelglimlag nie.

As jy egter ’n weergebore, Geesvervulde, Bybellesende kind van God is en jy voel in jou hart oortuig dat ’n maagverkleining of ’n gesigsontrimpeling jou gaan help om met groter selfvertroue te leef; dan is dit ’n saak van jou gewete en om voor die Here verantwoording te doen oor hoe jy jou geld spandeer het.

Kosmetiese chirurgie en ’n botoks-inspuiting dan en wan, affekteer beslis nie jou redding nie. (Ek moet sê, dit sal komies wees om eendag in die Hemel te sien hoe almal gaan lyk in vergelyking met die gepoleerde, afgeronde en geskakeerde weergawes van onsself wat hier op aarde rondloop!)

Ons is almal onder konstruksie

Die Bybel vertel in Gen 1:26-27 dat God die mens (man en vrou) na Sy beeld geskape het. Daar is geen kwalifikasies hiervoor nie – nie net die ‘pragtiges’, ‘jonger as 40’ of ‘tensy jy kinders gehad het’ nie. Ons het waarde en waardigheid danksy die werk wat deur ons Skepper God gedoen is. Wanneer dit by skoonheid kom, is die Bybel baie reguit: “Skoonheid is soms misleidend. ’n Mooi voorkoms hou nie vir altyd nie. ’n Vrou wat ontsag het vir die Here verdien om geprys te word.” Spr 31:30. Almal het egter nie reeds hierdie openbaring nie en baie Christene is in die proses om hulself te aanvaar vir wie hulle in Christus is en vind hulle waarde in Hom. Ons almal leer hoe om ons liggame as “lewende en heilige offers” (Rom 12:1) aan God te gee. Dr. Jack Bauyer, ’n Christen, is vas oortuig van die krag van kosmetiese chirurgie ten einde ’n mede-gelowige te help om sy/haar Godgegewe bestemming en potensiaal te bereik.

Hy het eens ’n pasiënt gehad wat aan rhinophyna, ’n toestand waar die neus vanself vergroot, gely het. Hy het letterlik as kluisenaar geleef en het slegs saans uitgegaan om inkopies te doen en dan was sy neus versteek agter iets. Deur ’n baie eenvoudige operasie is die ekstra weefsel verwyder, sy neus tot normale grootte herstel en kon hy ’n normale lewe lei.

Emosionele en geestelike genesing is eerste prioriteit

Wat ookal jou mening omtrent hierdie saak, die blote feit dat die gemeenskap obsessief is oor skoonheid en uiterlike beeld, is ’n duidelike teken dat die mens ’n behoefte het aan liefde en aanvaarding. Kerke, Bybelstudiegroepe en Damesgroepe behoort hieraan aandag te gee en kwessies soos afgodery, selfwaarde en liefde vir Christus aan te spreek. Hy is die enigste een wat werklik jou diep­ste behoeftes bevredig. Indien jy vriende het wat net op voorkoms fokus, gebruik die Skrif om hul te bemoedig of weer die fokus te laat val op wat Christus aan die Kruis gedoen het.

Indien jyself ’n probleem met een of ander fisieke aspek het, bid oor die saak en doen dan prakties wat jy kan om die saak op emosionele en geestelike gebied deur te werk, voordat jy jou tot chirurgie wend. Indien jy al die dinge gedoen het, gesels met ’n betroubare vriend en sluit hom/haar in by jou gedagteproses. Rampe vind plaas wanneer mense vinnige oplossings soek – sonder om werklik na die beste oplossing te soek en daaroor te bid. Om God se aangesig te soek ten opsigte van die hele saak, bly die heel belang­rikste.

Die Bybel is baie duidelik daaroor dat God begaan is oor ons en ons probleme – ons kan dus al ons probleme met ’n oop gemoed na Hom neem (1 Pet 5:7). Deur die leiding en wysheid van die Heilige Gees het ons die vermoë om besluite te neem wat Hom sal eer.

Oorsprong: Juig.co.za

Kosmetiese chirurgie en siekteverlof
Elke werknemer is ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes op ’n aantal dae siekteverlof per jaar geregtig. Maar wat sê die wet presies oor dié verlof en mag dit vir kosmetiese chirurgie gebruik word? PAUL MARDON werp meer lig op dié kwessie.

Ingevolge artikel 22 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet No. 75 van 1997, is elke werknemer gedurende elke siekteverlofsiklus geregtig op een dag siekteverlof vir elke 26 dae wat gedurende die eerste 6 maande van diens gewerk is.

Daarna is ’n werknemer op ’n aantal dae siekteverlof met betaling geregtig, gelykstaande aan die aantal dae wat die werknemer gemiddeld oor ’n tydperk van ses weke werk. As die werknemer vyf dae per week werk, werk hy of sy dus 30 dae oor ’n tydperk van ses weke. Die werknemer is daarom geregtig op 30 dae betaalde siekteverlof elke drie jaar. Die werknemer en werkgewer kan egter ooreenkom om die aantal dae siekteverlof te vermeerder.

Ingevolge artikel 23 van die wet hoef ’n werkgewer nie betaalde siekteverlof vir meer as twee opeenvolgende dae, dit wil sê vir drie of meer dae se afwesigheid, toe te staan indien die werknemer versuim om ’n mediese sertifikaat voor te lê wat verklaar dat hy of sy as gevolg van siekte of besering vir die duur van sy of haar afwesigheid nie in staat was om te werk nie. Die woorde “nie in staat was om te werk nie” in artikel 23 dui daarop dat die werknemer weens mediese redes nie sy of haar pligte kon uitvoer nie.

Let daarop dat die werknemer ’n mediese sertifikaat moet indien wat uitgereik en onderteken moet wees deur ’nmediese praktisyn of ’n ander persoon wat gekwalifiseer is om pasiënte te diagnoseer en te behandel en wat by ’n beroepsraad geregistreer is. Die reg tot siekteverlof kom’n werknemer slegs toe wanneer die werknemer nie in staat is om as gevolg van siekte of ’n besering te werk nie.

Wanneer ’n werknemer vir kosmetiese behandeling soos kosmetiese chirurgie gaan en ’n mediese sertifikaat deur ’n mediese praktisyn uitgereik word wat by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) geregistreer is, sal die mediese sertifikaat geldig wees en sal die werknemer op siekteverlof geregtig wees. Die werknemer moet egter nog siekteverlof tot sy of haar beskikking hê.

Dit beteken egter nie dat werknemers goedsmoeds vir kosmetiese behandeling kan gaan en verwag dat die werkgewer dit net moet aanvaar nie.

Die kosmetiese behandeling moet die werknemer sodanig beseer of siek gemaak het dat die werknemer nie in staat was om sy of haar werk te verrig nie. Waar die behandeling slegs ongerieflike of onooglike gevolge het, byvoorbeeld gesigswelling, is die werknemer nie op siekteverlof geregtig nie.

Jaarlikse verlof moet dan geneem word kragtens die ooreenkoms tussen die werkgewer en die werknemer. Indien daar nie so ’n ooreenkoms is nie, geld die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.

In die geval wat die siekte of besering deur die werknemer se toedoen veroorsaak is (soos met kosmetiese behandeling), en die tydperk van siekteverlof vir die werkgewer ongeleë sou wees of moontlik onnodige koste, uitgawes of ongerief vir die werkgewer sou veroorsaak, mag die werkgewer steeds nie die siekteverlof wat deur ’n geregistreerde mediese praktisyn aanbeveel is, weier nie. Die werkgewer sou wel met sukses dissiplinêr teen die werknemer kon optree op grond van pligsversuim of enige ander soortgelyke bepaling in die werkgewer se dissiplinêre kode.

Hierdie artikel is gepubliseer in 2010 – Uitgawe 5, Beroepsgesondheid en -veiligheid | Occupational Health and Safety http://www.solidariteittydskrif.co.za/uitgawe-5-2010-kosmetiese-chirurgie-en-siekteverlof/