Home » Ideale Neus

Ideale Neus

Pragtige Resultate

Pragtige Resultate

Pragtige resultate:  verkry die ideale neus

Die aantreklikheid van ‘n mens se gesig word deur verhoudinge en balans bepaal. Rhinoplastie kan nie alleenlik die voorkoms van u neus verbeter nie, maar die voorkoms van u gesig is sy geheel. Kennis aangaande die korrekte verhoudings of proporsies is van deurslaggewende belang om die gewenste resultate in neuschirurgie te verseker. Die ideale neus stem met gladde driehoekvorme ooreen – daarom pas die Nose Clinic ‘n sisteem van driehoeke toe om die optimale geïndividualiseerde resultate vir elke pasiënt te behaal. Dit verg talent en vaardigheid om die onderliggende anatomiese struktuur van ‘n gesig te beoordeel.

Ons moedig ons pasiënte aan om neuschirurgie om hul eie onthalwe te kies – nie om lewensmaats of vriende tevrede te stel nie. Hulle bevind egter dikwels dat hulle na die chirurgie nie net nuwe selfvertroue geniet nie, maar dat hul familie, vriende en kollegas ook meer positief teenoor hulle reageer. Ons streef almal bewustelik of onbewustelik na pragtig gebalanseerde proporsies!