Home » Ideale Neus » Funksionele Chirurgie
Funksionele Chirurgie

Funksionele Chirurgie
Funksionele chirurgie verlig asemhalingsprobleme en verbeter smaak en reuk. Die neus is die koppeling tussen die atmosfeer en die longe, daarom lei swak asemhaling tot chroniese moegheid en beroof dit ‘n mens van ‘n gevoel van welsyn.
Indien u die slagoffer van funksionele neusprobleme is, kan dit afbreuk doen aan u lewenskragtigheid, u gevoel van welsyn en u gesondheid. Die volgende simptome dui daarop dat u sulke probleme ervaar:
- verstopping in die neus
- droogheid en irritasie in die keel
- ‘n verlies aan reuk- en smaakvermoë
Funksionele chirurgie sal u weer normaal laat asemhaal en/of u beskadigde of misvormde neus se natuurlike vorm en funksie herstel. Die Nose Clinic se spesialis-chirurg sal ook seker maak dat die korrekte, kosmetiese proporsies van u neus gehandhaaf word terwyl neusfunksie verbeter word.
