Regstellende Chirurgie
Resultate en Regstellende Chirurgie

'n Goeie uitslag na Regstellende Chirurgie
Die afgelope 30 jaar behaal die Nose Clinic uitstekende resultate – ‘n feit wat letterlik duisende tevrede pasiënte kan beaam. Dit sou egter misleidend en onverantwoordelik wees om te waarborg dat niks sal skeefloop nie.
Rhinoplastie is ‘n chirurgiese prosedure waarby elemente betrokke is wat volkome buite chirurg se beheer is – byvoorbeeld die ontwikkeling van geringe afwykings weens letselweefsel. In sulke buitengewone gevalle neem die Nose Clinic die pasiënt weer op om ‘n klein regstellende prosedure uit te voer. Hoewel die chirurg in sulke gevalle geen tarief hef nie, is die pasiënt vir die gepaardgaande teaterkoste verantwoordelik.
Ons spesialiseer ook in regstellende chirurgie – die komplekse, veeleisende regstelling van diagnostiese en prosedurele foute wat deur ander chirurge begaan is en onbevredigende resultate tot gevolg gehad het. Ongeveer 43% van die Nose Clinic se pasiënte raadpleeg ons spesifiek om neuschirurgie wat elders uitgevoer is, reg te stel. Hierdie pasiënte kom na ons toe omdat hul voorkoms benadeel is of omdat hul asemhaling weens vorige chirurgiese prosedures ernstig belemmer is.
